Plasings

Wys tans plasings vanaf Oktober, 2019

Asyn Poeding

ASYNPOEDING O uma R alie (Ouma Miem se Ma) BESTANDELE : 3 Koppies Koekmeel, 2  Teelepels Koeksoda, 2 Eetlepels Botter (Nie Margarien nie), 1 Teelepel Gemmer, 1 Koppie Suiker, bietjie sout, (Knippie sout - Knyp tussen twee fingers) 2 Groot Eetlepels Appelkoos konfyt. METODE: Meng meel,suiker,sout en gemmer. Vryf botter deur, gooi koeksoda op, half koppie warm melkm gooi dan in mengsel en maak verder aan met koue melk, soos slap koek roer dan 2 groot eetlepels appelkooskonfyt in, gooi in kokende stroop. STROOP: 4 koppies water, 1 ½ koppies suiker, 1 eetlepel asyn of (½ Koppie)

Pynappel Koek

PYNAPPELKOEK Bestandele: 2 ¾ koppies gesifte koekmeel, ½ t sout, 1 ½ koppies strooisuiker, 1 teelepel vanieljegeursel, 4 teelepels Royal-bakpoeier, ¾ koppie (6 onse) botter, 4 eierwitte, 1 koppie melk. METODE: Voer twee diep laagpanne (9 duim) met papier en smeer. Sorg vir n dubbele voering van botterpapier om die kante, tot diepte van 3 duim,aangesien hierdie koek baie rys. Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam. Room die botter en suiker goed, voeg die eierwitte by—een op n slag—en klits goed na elke toevoeging. Roer die vanieljegeursel in. Voeg die gesifte dro รซ bestanddele om die beurt met die melk by totdat die mengsel n gladde ,,drupdikte” het. (gebruik minder melk as die eiers groot is). Verdeel die mengsel tussen die twee voorbereide panne en bak in n matige oond 350 g F. tot 375 grade 180 ยบ C (Gas 3) – vir sowat 35 minute. Laat die lae op n koeksif afkoel.

Souskluitjies

SOUSKLUITJIES Bestanddele: 120 g (250ml) koekmeel 10 ml bakpoeier. Knippie sout 15 ml botter. 2 eiers, geklits. 1 liter kookwater. 200 g (250 ml) suiker. 15 ml kaneel. Metode: Sif die koekmeelblom,bakpoeier en sout saam. Vryf die botter met die vingerpunte in tot goed gemeng. Voeg die geklitste eiers by en meng deeglik met n mes tot n stywe deeg. Bring 500ml kookwater saam met n koppie sout in n pan tot kookpunt.Skep ± 12 kluitjies (skep met 2 teelepels) in kokende water. Meng die suiker en kaneel. Strooi helfte van die kaneelsuiker oor en laat dan ± 3 minute lank vinnig kook todat die kluitjies gaar is. (Moenie die pan bedek nie) Giet alles in n opdienbak en hou eekant warm. Verhit weer 500 ml kookwater in die pan en skep die,orige kluitjies in. Strooi die res van die kaneelsuiker oor en kook tot gaar. Voeg by die res van die kluitjies. Dien warmop saam met dun room. Lewer ± 24 kluitjies.

Sjokolade Koek

SJOKOLADEKOEK Bestanddele: 1 ¾ K suiker 2 k meelblom 1 t bakpoeier 1 t sout. ½ k kakao. 1 ½ t koeksoda. ½ k olie. 1 ¼ k suurmelk. 3 eiers. 1 t vanielje. Metode: Rol die suiker met n rolstok of bottel fyn en sif dit saam met droรซ bestanddele. Klits die olie en suurmelk saam en roer dit in die droรซ bestanddele. Klop een vir een eier by. Voeg die vanielje by. Bak 45 minute lank in 2 gesmeerde 9 duim-panne in n matige oond, 350 grade F. (180ยบ Celcius) Laat koud word. Smeer n dadelvulsel tussen lae en versier met n sjokolade versiersel. Dadelvulsel: ½ pd dadels,opgesny. ¾ k melk ½ t sout 1/3 k donker- of ander suiker. 1 e suurlemoensap. Kook die dadels,melk,sout en suiker tot dik moes. Haal van die vuur af en roer die suurlemoensap by

Vetkoek

VETKOEK SOOS OUMA DIT GEMAAK HET Vetkoek is omtrent net so eie aan ons mense soos melktert en koeksisters. Vetkoek is heerlik saam met konfyt of stroop en andersins met geurige maalvleis gevul. VETKOEK: Basiese resep: Bestanddele: 1 kg Snowflake koekmeel. 7,5 ml sout 125 ml suiker 10 g pakkie kitsgis ± 4 x 250 ml louwarm water 12,5 ml botter (gesmelt) (opsioneel) Olie vir diep braai STAP 1. Plaas alle droรซ bestanddele in mengbak en meng deeglik. Voeg louwarm water geleidelik by en meng tot n slapperige deeg. Laat staan vir 20 minute om te rys. STAP 2. As jy van vetkoek met n fyn tekstuur hou, kan deeg nou afgeknie word en vir n tweede rysperiode van 20 minute gelaat word. Andersins kan vetkoek direk na eerste rysperiode gebak word. STAP 3. Verhit olie tot warm maar nie rokerig, in kastrol. Skep lepelsvol van die deeg in warm olie. STAP 4. Bak vetkoeke oor matige hitte tot goudbruin aan alby kante. As oli

Vleispasteitjies

Prent
Vleispasteitjies Kors: 125 ml (½ k) botter 250 ml (1 k) koekmeel knypie kremetart knypie sout 1 eiergeel 30 ml (2 e) witasyn 30 ml (2 e) yswater VULSEL: 500 g maalvleis knypie sout 45 ml (3 e) blatjang knypie aromat knypie fyn naeltjies knypie mostert 1 sny brood, in water geweek METODE: Stel die oond op 180 ยบ C 1. Vryf die botter met jou vingerpunte in die koekmeel totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg die kremetart en sout by. 2. Klits die eiergele, witasyn en water saam en voeg dit by die koekmeel totdat n deeg verkry word. 3. Plaas in yskas vir 3 uur totdat dit goed koud is. 4. VULSEL: Kook maalvleis met n bietjie olie tot gaar en voeg die res van die bestandele by. Druk die water uit die brood en voeg dit ook by die vleismengsel. 5. Laat maalvleis in n bakplaat stol en sny in stroke. 6. Plaas maalvleisstroke op uitgerolde deeg, smeer met eierwit en vou toe. 7. Smeer met geklitste

Viskoekies

Prent
VISKOEKIES (vars vis of ingemaakte) Bestandele: 1 koppie fyn gaar vis 1 koppie fyn medium gaar aartapels. 1 eetlepel fyngekapte pietersielie. 2 eiers geklits. 1 eetlepel gesmelte botter of kunsbotter. 1 eetlepel melk. Sout & peper. 1 Pakkie Broodkrummels . V et of olie om in te braai. METODE: Meng die vis,aartapels ,pietersielie en botter. En u kan maar gerus so n eetlepel suurlemoensap ook byvoeg, as u n suurlemoen byderhand het, dit gee n lekker geur. Klits een eier, voeg die sout en peper by en meng dit met die vismengsel. Vorm die koekies. Klits die ander eier goed met bietjie melk, en rol elke viskoekie daarin en dan in die broodkrummels. Braai alkante bruin in diep vet of olie. Haal uit sit op draadrak om aftekoel. Dien warm op met suurlemoenskyfies

Skilferkors Tert Deeg

SKILFERKORSTERTDEEG Hierdie kors kan gebruik word vir: melktert, worsrolletjies, konfyttertjies en ander soet terte. 120 g (250 ml) Koek Meel . 1 g (1 ml) sout. 1 10 g (125 ml) botter 10 ml suurlemoensap 60 ml yswater METODE: Sif drie keer saam: 120 g (250ml) Koek Meel. 1 g ( 1 ml) sout. Vryf in die Koek Meel: 5 g (5 ml) botter Maak n holte in die Koek Meel. MENG: 10 ml suurlemoensap 60 ml yswater Maak die deeg aan. Knie liggies. Sprinkel die deegplank baie liggies met Koek Meel. Rol die deeg langwerpig uit. Verdeel in drie dele: 105 g (120 ml) botter. Sit klein klontjies van een deel op twee-derdes van die deeg. Die botter moet koud wees - dit kan ook gerasper word. Vou die deeg so  toe, dat die ongebotterde deel tussen die gebotterde dele kom. Druk die kante toe. Plaas in die koelkas vir n paar minute, toegevou in botterpapier. Haal dit uit. R

Grenadella Yskas Tert

G RENADELLA-YSKAS TERT 2 pakkie Tennis-beskuitjies 1 groot blik ingedampte melk ( hou oornag in yskas) 1 blikkie grenadellamoes 1 pakkie suurlemoen jellie ½ k strooisuiker 1 k kookwater. Maak jellie aan met 1 koppie kookwater. Laat afkoel. Klop verkoelde melk styf, voeg strooisuiker by en dan grenadellamoes. Klop afgekoelde jellie by. Plaas laag beskuitjies en dan laag van mengsel. Hou aan om lae beskuitjies en mengsel te pak tot alles gebruik is. Eindig met mengsel plaas dan in yskas vir 2 ure of langer. Versier met geklopte room en sny in blokkies.

Outydse Melktert

OUTYDSE MELKTERT KORS 375 ml (1½ k) koekmeel 2,5 ml (½ t) kremetart 125 g ( ¼ pak) botter 125 ml (½ k) room 1 eiergeel 15 ml (1e) wit asyn 45 ml (3 e) yswater VULSEL 750 ml (3k) melk 187 ml (¾ k) suiker knypie sout stukkie pypkaneel 125 ml (½ k) koekmeel 60 ml (4 e) mielieblom 125 ml (½ k) melk 4 eiers, geskei 15 ml (1e) botter 5 ml (1t) vanielje Stel oond 180 ยบ C 1. Kors Sif meel en kremetart saam. 2. Vryf botter b y meel in totdat dit soos broodkrummels lyk. 3. Roer room,eiergeel, asyn en water saam. Moenie klits nie anders gaan room begin verdik. 4. Roer tot gemeng en deeg begin vorm. Plaas deeg in plastieksakkie in yskas vir 20 min. 5. Voer tertborde met deeg uit. 6. Vulsel: Verhit melk,suiker,sout en kaneel saam. 7. Meng meel,mielieblom en melk saam tot glad.Roer bietjie warm melk by meelmengsel tot goed gemeng en giet mengsel terug by warm melk. 8. Klits eiergele ook met bietjie warm melk wat steeds op