Pynappel Koek


PYNAPPELKOEK
Bestandele:
2 ¾ koppies gesifte koekmeel,
½ t sout,
1 ½ koppies strooisuiker,
1 teelepel vanieljegeursel,
4 teelepels Royal-bakpoeier,
¾ koppie (6 onse) botter,
4 eierwitte,
1 koppie melk.
METODE:
  1. Voer twee diep laagpanne (9 duim) met papier en smeer.
  2. Sorg vir n dubbele voering van botterpapier om die kante, tot diepte van 3 duim,aangesien hierdie koek baie rys.
  3. Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam.
  4. Room die botter en suiker goed, voeg die eierwitte by—een op n slag—en klits goed na elke toevoeging.
  5. Roer die vanieljegeursel in.
  6. Voeg die gesifte droë bestanddele om die beurt met die melk by totdat die mengsel n gladde ,,drupdikte” het. (gebruik minder melk as die eiers groot is).
  7. Verdeel die mengsel tussen die twee voorbereide panne en bak in n matige oond 350 g F. tot 375 grade 180º C (Gas 3) – vir sowat 35 minute.
  8. Laat die lae op n koeksif afkoel.


VULSEL EN VERSIERSEL
Bestandele:
3 onse margarien (6 eetlepels),
1 eiergeel,
2 koppies (of bietjie meer) gesifte versiersuiker,
1 klein blikkie pynappelstukke,
n bietjie pynappelsap (indiennodig),
n bietjie geel kleursel (indien verkies)

METODE:
Room die margarien baie deeglik.
  1. Voeg die gesifte versiersuiker by.
  2. Klits die eiergeel en roer goed in.
  3. Voeg die geel kleursel by indien verkies.
  4. Indien die versiersuiker n bietjie te styf is, maak dit dan dunner met een of twee teelepels pynappelsap,
  5. Dreineer; sny sowat n derde van die pynappelstukkies in baie fyn stukkies en voeg hulle by n derde van die versiersuiker.
  6. Plaas die twee lae opmekaar met hierdie vulsel tussenin.

Smeer die res van die versiersuiker oor die bokant en kant van die koek. Versier met klein stukkies ingemaakte pynappels.


Opmerkings

Populere Resepte

Wortelkoek

Aartappelsuurdeeg

Asyn Poeding

Vleispasteitjies