Sjokolade Koek


SJOKOLADEKOEK

Bestanddele:
1 ¾ K suiker
2 k meelblom
1 t bakpoeier
1 t sout.
½ k kakao.
1 ½ t koeksoda.
½ k olie.
1 ¼ k suurmelk.
3 eiers.
1 t vanielje.

Metode:
  • Rol die suiker met n rolstok of bottel fyn en sif dit saam met droë bestanddele. Klits die olie en suurmelk saam en roer dit in die droë bestanddele. Klop een vir een eier by. Voeg die vanielje by. Bak 45 minute lank in 2 gesmeerde 9 duim-panne in n matige oond, 350 grade F. (180º Celcius) Laat koud word.
  • Smeer n dadelvulsel tussen lae en versier met n sjokolade versiersel.
  • Dadelvulsel:
  • ½ pd dadels,opgesny.
  • ¾ k melk
  • ½ t sout
  • 1/3 k donker- of ander suiker.
  • 1 e suurlemoensap.
  • Kook die dadels,melk,sout en suiker tot dik moes. Haal van die vuur af en roer die suurlemoensap by

Opmerkings

Populere Resepte

Wortelkoek

Aartappelsuurdeeg

Asyn Poeding

Vleispasteitjies