Vetkoek
VETKOEK SOOS OUMA DIT GEMAAK HET
Vetkoek is omtrent net so eie aan ons mense soos melktert en
koeksisters.
Vetkoek is heerlik
saam met konfyt of stroop en andersins met geurige maalvleis gevul.
VETKOEK:
Basiese resep:
Bestanddele:
1 kg Snowflake
koekmeel.
7,5 ml sout
125 ml suiker
10 g pakkie kitsgis
±
4 x 250 ml louwarm water
12,5
ml botter (gesmelt) (opsioneel)
Olie
vir diep braai
STAP
1. Plaas alle droë
bestanddele in mengbak en meng deeglik.
Voeg
louwarm water geleidelik by en meng tot n slapperige deeg.
Laat
staan vir 20 minute om te rys.
STAP
2. As
jy
van vetkoek met n fyn tekstuur hou, kan deeg nou afgeknie word en vir
n tweede rysperiode van 20 minute gelaat word. Andersins kan vetkoek
direk na eerste rysperiode gebak word.
STAP
3.
Verhit olie tot warm maar nie rokerig, in kastrol. Skep lepelsvol van
die deeg in warm olie.
STAP
4.
Bak vetkoeke oor matige hitte tot goudbruin aan alby kante. As olie
te
warm is, braai
die vetkoek te vinnig en word te gou bruin Aan buitekant terwyl dit
binne nog rou is. Braai vetkoek dus redelik stadig. Skep gaar
vetkoeke uit die olie en dreineer op absorbeerpapier.
VARIASIES:
Voeg
125 ml gerasperde kaas en 1 groot gekapte, gebraaide ui by basiese
vwtkoekdeegdeeg.
Voeg
100 g gerasperde, droë biltong by basiese vetkoekdeeg.
Voeg
125 ml sultanas, 2,5 ml gemengde speserye en 2,5 ml kaneel by basiese
vetkoekdeeg
Opmerkings
Plaas 'n opmerking