Souskluitjies
SOUSKLUITJIES
Bestanddele:
120 g (250ml) koekmeel
10 ml bakpoeier.
Knippie sout
15 ml botter.
2 eiers, geklits.
1 liter kookwater.
200 g (250 ml) suiker.
15 ml kaneel.
Metode:
Sif die koekmeelblom,bakpoeier en sout saam.
Vryf die botter met die vingerpunte in tot goed gemeng. Voeg die
geklitste eiers by en meng deeglik met n mes tot n stywe deeg.
Bring 500ml kookwater saam met n koppie sout in n pan tot
kookpunt.Skep ± 12
kluitjies (skep met 2 teelepels) in kokende water. Meng die suiker en
kaneel. Strooi helfte van die kaneelsuiker oor en laat dan ±3
minute lank vinnig kook todat die kluitjies gaar is. (Moenie die pan
bedek nie) Giet alles in n opdienbak en hou eekant warm.
Verhit weer 500 ml kookwater in die pan en skep die,orige kluitjies
in. Strooi die res van die kaneelsuiker oor en kook tot gaar. Voeg by
die res van die kluitjies.
Dien warmop saam met dun room.
Lewer ±
24 kluitjies.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking