Viskoekies
VISKOEKIES
(vars vis of
ingemaakte)
Bestandele:
1 koppie
fyn gaar vis
1 koppie fyn medium gaar aartapels.
1 eetlepel fyngekapte pietersielie.
2 eiers geklits.
1 eetlepel gesmelte botter of kunsbotter.
1 eetlepel melk.
Sout & peper.
1
Pakkie Broodkrummels.
Vet
of olie om in te braai.
METODE:
Meng die vis,aartapels ,pietersielie en botter. En u kan maar gerus
so n eetlepel suurlemoensap ook byvoeg, as u n suurlemoen byderhand
het, dit gee n lekker geur. Klits een eier, voeg die sout en peper by
en meng dit met die vismengsel.
Vorm die koekies. Klits die ander eier goed met bietjie melk, en rol
elke viskoekie daarin en dan in die broodkrummels.
Braai alkante bruin in diep vet of olie.
Haal uit sit op draadrak om aftekoel.
Dien warm op met suurlemoenskyfies
Opmerkings
Plaas 'n opmerking