Vleispasteitjies
Vleispasteitjies
Kors:
125 ml (½ k) botter
250 ml (1 k) koekmeel
knypie kremetart
knypie sout
1 eiergeel
30 ml (2 e) witasyn
30 ml (2 e) yswater
VULSEL:
500 g maalvleis
knypie sout
45 ml (3 e) blatjang
knypie aromat
knypie fyn naeltjies
knypie mostert
1 sny brood, in water geweek
METODE:
Stel die oond op 180 ºC
1. Vryf die botter met jou
vingerpunte in die koekmeel totdat dit soos broodkrummels lyk.
Voeg die kremetart en sout
by.
2. Klits die eiergele, witasyn
en water saam en voeg dit by die koekmeel totdat n deeg verkry word.
3. Plaas in yskas vir 3 uur
totdat dit goed koud is.
4. VULSEL: Kook maalvleis met n
bietjie olie tot gaar en voeg die res van die bestandele by. Druk
die
water uit die brood en
voeg dit ook by die vleismengsel.
5. Laat maalvleis in n bakplaat
stol en sny in stroke.
6. Plaas maalvleisstroke op
uitgerolde deeg, smeer
met eierwit en vou toe.
7. Smeer met geklitste eier en
bak 20 minute. Of tot mooi goudbruin aan bokant
Lewer 36 pasteitjies.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking