Grenadella Yskas Tert
GRENADELLA-YSKAS
TERT
2
pakkie Tennis-beskuitjies
1
groot blik ingedampte melk ( hou oornag in yskas)
1
blikkie grenadellamoes
1
pakkie suurlemoen jellie
½ k strooisuiker
1 k kookwater.
Maak
jellie aan
met
1 koppie kookwater. Laat afkoel. Klop verkoelde melk styf, voeg
strooisuiker by en dan grenadellamoes. Klop afgekoelde jellie by.
Plaas laag beskuitjies en dan
laag van mengsel. Hou aan om lae beskuitjies en mengsel te pak tot
alles gebruik is. Eindig met mengsel plaas dan in yskas vir 2 ure of
langer. Versier met geklopte room en sny in blokkies.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking