Plasings

Wys tans plasings vanaf Januarie, 2020

Braai Sous

BRAAISOUS: 200 ml Fyngekapte ui, 1oo ml kookolie, 2oo ml Tamatiesous, 150 ml Water, 100 ml suurlemoensap, 37,5 ml Suiker, 12,5 Worcester sous, 25 ml Engelse mostert (sterk),+ 7 ml sout, 2 ml gemalde swart peper. Metode: Braai ui in olie tot sag. Voeg res van bestanddele by. Kook stadig vir 15 min. Heerlik oor pap en vleis of saam met enige iets.

Koffie Koekies

KOFFIE KOEKIES BESTANDELE: 5 Koppies koekmeel, 1 teelepel Vanilla geursel, 1 koppie suiker, 2 eetlepels stroop, 1 ½ Koppie botter, ½ Pakkie koeksoda ( 1 teelepel) 1/3 Koppie melk ( 100 ml) 2 eetlepels koffie essens. ½ teelepel sout METODE: Klop botter en suiker tot room, roer stroop by en klits weer goed , voeg koffieessens, sout en vanilla geursel by, dan koeksoda - en melk mengsel by. Voeg koekmeelblom alles gelyktydig by en knie baie goed. Dit moet n stywe deeg wees. Rol deeg dun uit en sny met n deeg wieletjie (Pizza Cutter) of mes in lang vingertjies. Bak 5 tot 8 minute lank in matige oond. Voorverhit die oond tot 180 º C 0F 350 º F. Maak intussen die vulsel aan. Koffievulsel: 1 koppie versiersuiker , 2 e etlepels botter, 1 teelepel vanilla, 1 deserlepel koffie essens Plak koekies twee twee opmekaar met koffie vulsel tussen in

Koffie Room Koek

KOFFIE ROOM KOEK BESTANDELE: 2 Eiers (wit en geel apart), 3 teelepels bakpoeier, 1 ½ k suiker, 1 teelepel sout, 2 ¼ koppie koekmeel, ½ k melk, ½ k Koffie of koffie-ekstrak 1/3 teelepel koeksoda, 1/3 k botter of olie, 2 teelpels Vanilla geursel. METODE: Klop die eierwitte baie styf en voeg ½ koppie suiker by. Sif die res van die suiker, die meel, bakpoeier en sout in a bak en vryf die botter in. Meng die melk, koffie, koeksoda, en vanilla geursel en gooi by die mengsel. Meng goed, klits eiergele goed en voeg by. Klits die mengsel vir nog 2 minute en roer die styfgeklopte eierwitte by. Gooi die deg in 2 8 duim laagkoekpanne. Bak in oond 350 o fr vir 35 minute. Laat afkoel, sny in die helte en sit die 4 lae opmekaar met die volgende koffie – vulsel. VULSEL: 1 koppie botter, ½ teelepel sout 1 koppie versiersuiker, ¼ koppie swart koffie of koffie -ekstrak, 2 eiers, 1 teelepel vanilla. METODE; Klits alles goed saam

Aartappelsuurdeeg

Aartappelsuurdeeg: 1 middelslag aartappel, 5 ml (1 t ) suiker, 2,5 ml (½t) sout, Sterk lou water. Begin vroegoggend (7 vm): Skil en rasper die aartappel op die growwe kant van n rasper. Plaas dit in 1 liter -vrugtefles voeg die suiker en sout by. Voeg sterk lou water by tot die fles 4/5 die gevul is. Verse ἕl die fles en draai n doek daarom. Laat dit staan tot die aand. Die mengsel sal skuimvormend wees. Gebruik dit om in te suur, knie en laat die deeg oornag rys.

Beskuit

BESKUIT BESTANDELE: 1 Bottel Aartapelsuurdeeg, 5 - 7 lb Koekmeel, (2.2 to 3.2 Kg) ½ lb botter, (227 Gram) 3 Eiers,  3 Koppies melk, 3 Koppies suiker, (Suur die oggend in). METODE Kook die melk en los die botter en suiker daarin op. Laat afkoel. Meng suurdeeg, goed geklitste eiers en melkmengsel, voeg meel by om n slap deeg te vorm en roer goed . (ongeveer 2 ½ na 3 pond meel - Helfte van die Meel). Maak warm toe en laat rys tot taamlik laat in die aand. Voeg dan nog meel by en knie baie goed, maak warm toe en laat rys oornag.. Knie volgende oggend weer baie goed deur en vorm balletjies en plaas in panne laat weer rys tot bokant panne uit en bak ongeveer ¾ uur by 300 f (150  º C) in  3 groot panne. Aartappelsuurdeeg: 1 middelslag aartappel, 5 ml (1 t ) suiker, 2,5 ml (½t) sout, Sterk lou water. Begin vroegoggend (7 vm): Skil en rasper die aartappel op die growwe kant van n rasper. Plaas dit in 1 liter -vrugtefl