Beskuit
BESKUIT
BESTANDELE:
1 Bottel
Aartapelsuurdeeg,
5 - 7 lb Koekmeel, (2.2 to 3.2 Kg)
½ lb botter, (227 Gram)
3 Eiers,
3 Koppies melk,
3 Koppies suiker,
(Suur die oggend
in).
METODE
Kook die melk en los
die botter en suiker daarin op.
Laat afkoel. Meng
suurdeeg, goed geklitste eiers en melkmengsel, voeg meel by om n slap
deeg te vorm en roer goed .
(ongeveer 2 ½ na 3
pond meel - Helfte van die Meel). Maak warm toe en laat rys tot taamlik laat in die aand.
Voeg dan nog meel by en knie baie goed, maak warm toe en laat rys
oornag..
Knie volgende oggend
weer baie goed deur en vorm balletjies en plaas in panne laat weer
rys tot bokant panne uit en bak ongeveer ¾ uur by 300
f (150 º C) in 3 groot panne.
Aartappelsuurdeeg:
1
middelslag aartappel,
5
ml (1 t ) suiker,
2,5
ml (½t) sout,
Sterk
lou water.
- Begin vroegoggend (7 vm): Skil en rasper die aartappel op die growwe kant van n rasper.
- Plaas dit in 1 liter -vrugtefles voeg die suiker en sout by.
- Voeg sterk lou water by tot die fles 4/5 die gevul is. Verseἕl die fles en draai n doek daarom. Laat dit staan tot die aand. Die mengsel sal skuimvormend wees.
- Gebruik dit om in te suur, knie en laat die deeg oornag rys.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking