Koffie Room Koek
KOFFIE ROOM KOEK
BESTANDELE:
2 Eiers (wit en geel apart),
3 teelepels bakpoeier,
1 ½ k suiker,
1 teelepel sout,
2 ¼ koppie koekmeel,
½ k melk,
½ k Koffie of koffie-ekstrak
1/3 teelepel koeksoda,
1/3 k botter of olie,
2 teelpels Vanilla geursel.
METODE:
Klop die eierwitte baie styf en voeg ½ koppie suiker by. Sif die res
van die suiker, die meel, bakpoeier en sout in a bak en vryf die
botter in.
Meng die melk, koffie, koeksoda, en vanilla geursel en gooi by die
mengsel.
Meng goed, klits eiergele goed en voeg by.
Klits die mengsel vir nog 2 minute en roer die styfgeklopte
eierwitte by.
Gooi die deg in 2 8 duim laagkoekpanne.
Bak in oond 350 o fr vir 35 minute. Laat afkoel, sny in die helte en
sit die 4 lae opmekaar met die volgende koffie – vulsel.
VULSEL:
1 koppie botter,
½ teelepel sout
1 koppie versiersuiker,
¼ koppie swart koffie of koffie -ekstrak,
2 eiers,
1 teelepel vanilla.
METODE;
Klits alles goed saam vir ongeveer 10 minute tot glad en romerig.
Gebruik as vulsel en versiersel.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking